Ramkie Rympies
Carl Boplaas
Blakerteks en kopiereg:
Hierdie geurige vrugtekoek
van ’n gedigteboek
het ek en jy,
deur die Genade,
gratis, verniet
en pasella
gekry …
As jy hiervoor iets sou vra,
gaan die duiwel jou
dwarsdeur die drieduwwele doringdraad
tot in die warmplek in
druk en hoksla’!
TER BEVORDERING VAN AFRIKAANS:
MY MOEDERTAAL,
IN MY VADERLAND.